Dring deur my lè baie, baie na aan my hart. Ek het dit vir Ds Gerhard Laubscher geskryf vir die hoogtepunt van 'n reeks Pinkerdienste. Ek het dit eers "Waai deur my" genoem. Hy het vasberade geweier om dit so te aanvaar omdat Jan de Wet reeds 'n lied met dieselfde titel uit. Ek het moedeloos voor Vader gaan sit en gepleit: "Vader, gee my asseblief die woorde om te beskryf hoe sagte reen deur droe kluite DRING"? Dadelik het ek Hom saggies hoor se: "Daar het jy die woorde reeds, my Kind . . . " Dis hoe ek glo Heilige Gees ons deurdring: soos sagte reen . . . Vandaar die video. Verskoon die bewegings, asb. Ek kon nie die 3-poot gebruik nie.