Hierdie video is 'n gewilde aanbiddingslied wat getranslitereer word met behulp van 'n gesproke taal en gebare uit Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT). Die ouer Dowe bevolking is opgelei in 'n tyd waarin SAGT nie toegelaat was nie en vertrou veel meer op die strukture en woorde van gesproke tale. Hierdie groep verkies dat hul aanbiddingsliedere met gebare ondersteun word, dit wil sê die grammatika van die gesproke taal word gevolg, maar gebare van SAGT word gebruik.
Hierdie video is vervaardig in samewerking met Dowe Familie Kerk.
YouTube: https://www.youtube.com/c/DoweFamilieKerk
Facebook: https://www.facebook.com/DowekerkCW