Dankie Ma
🎵 Titel: Dankie Ma Hierdie lied is gebaseer op my oorspronklike Afrikaanse gedig, “Dankie Ma”. Met behulp van AI-musiektegnologie het ek my eie woorde omskep in ’n nuwe Afrikaanse liedjie wat emosie, storie en klank saambring. 📝 Lirieke : Ek was drie jaar oud, en ek onthou. Ek het aan 'n brandweerwa gekou. Jy het per ongeluk, op hom getrap. daar voor die waskamer, en sy wiel was pap. Jy was in trane, en ek het ook begin huil. Want ek dag jy het seergekry. en in jou arms wou ek skuil. Ek mis jou elke dag, sonder jou is dit maar swaar. Ek sien jou mooie oë, in die spieël vir my terug staar. Ek voel soms jou vlerke om my, as die donker my pla. Ek's lief vir jou ma, stuur ook groete aan pa. Jy het my geleer om selfstandig te wees. My nooit terug gehou met my tiener gees. My gelos laat ek my kop hard stamp. Geweet die les, sal in my brand soos n' lamp. Jy het my geleer tussen reg en verkeerd. My styf vas gehou as my tiener-hart breek. My hare gevryf en wyse woorde gespreek, en soos 'n goeie ma, ook baie gepreek. Ek mis jou elke dag, sonder jou is dit maar swaar. Ek sien jou mooie oë, in die spieël vir my terug staar. Ek voel soms jou vlerke om my, as die donker my pla. Ek's lief vir jou ma, stuur ook groete aan pa. Jy was daar vir my, in my tye van smart. Jy was 'n briljante voorbeeld, van 'n goeie hart. Jy het my geleer om mense te vergewe. Jy het vir my gegee, die kennis hoe om te lewe. Jou gelaatstrekke en jou glimlag, word vir my al hoe meer bekend. Soos ek jou jare nou nader, en die tyd my gesig ook skend. Ek mis jou elke dag, sonder jou is dit maar swaar. Ek sien jou mooie oë, in die spieël vir my terug staar. Ek voel soms jou vlerke om my, as die donker my pla. Ek's lief vir jou ma, stuur ook groete aan pa. Dankie ma, vir alles Ek is 'n goeie mens, deur jou. Ek weet jy's by my elke dag. Ek voel jou, my hand vashou. Ek het 'n vrou gevind, wat my drome deel. en soos jy gesê het, het sy my hart gesteel. Ek wens jy kon haar ontmoet, jy sal van haar hou. Sy kyk mooi na jou kind, en dis háár arms wat my nou omvou. Eendag sal ons almal mekaar weer sien, As ons teen die tyd verloor. Dankie ma, jy was tien uit tien. Lei my verder op hierdie spoor. Ek mis jou elke dag, sonder jou is dit maar swaar. Ek sien jou mooie oë, in die spieël vir my terug staar. Ek voel soms jou vlerke om my, as die donker my pla. Ek's lief vir jou ma, stuur ook groete aan pa. 🔥 Wat om te weet: – Oorspronklike Afrikaanse lirieke – Geskryf as ’n persoonlike gedig – AI-gegenereerde musiek en vokale – Unieke kombinasie van poësie en musiek 📚 Oor My: Ek is Pistons, skepper van oorspronklike Afrikaanse gedigte en AI-geïnspireerde musiek. Elke lied kom direk uit my eie stories, ervarings en poësie. 📢 Ondersteun die kanaal: As jy van hierdie lied hou, LIKE 👍, KOMMENTAAR 💬 en SUBSCRIBE 🔔 vir meer Afrikaanse AI-musiek en oorspronklike gedigte wat omskep word in liedjies. Kyk die Afrikaanse AI Playlist hier: https://www.youtube.com/watch?v=LDQgNTtQvas&list=PLNKBi8cwEmnvmg79HGZh_Z65CBJtdvCuG&index=1 #️⃣ Tags / Soekterme: #AfrikaanseMusiek #AIMusic #AfrikaansPoetry #aimusic #lyricvideo #poetry #originallyrics #pistonssa #AfrikaansAI
Download
1 formatsVideo Formats
Right-click 'Download' and select 'Save Link As' if the file opens in a new tab.