Wonde Van Die Verlede
🎵 Titel: Hierdie lied is gebaseer op my oorspronklike Afrikaanse gedig, “Wonde van die Verlede”. Met behulp van AI-musiektegnologie het ek my eie woorde omskep in ’n nuwe Afrikaanse liedjie wat emosie, storie en klank saambring. 📝 Lirieke : As die stilte kliphard word. Val ek rond in my verlede. Ek onthou vriende verloor langs die pad, en wonder waar’s hul nou in die lewe. Mense wat ons vorm, deur hul dade en hul wee. Los ons soms vol wonde, of met verbande wat ons heel. Soms dien ons die wonde toe. Soms maak ons dit erger. Soms sit ons verbande op. Soms is ons die heler. Eendag kyk ons terug, na al die letsels in ons geheue. En wonder hoeveel sulke letsels, het ons ander om ons gegee. Hoeveel mense het ons seer gemaak? Hoeveel het ons gekneus? Aan hoeveel het ons goed gedoen? En hoeveel het ons genees? Soms dien ons die wonde toe. Soms maak ons dit erger. Soms sit ons verbande op. Soms is ons die heler. As jy my dalk ken. En nog kwaad is vir my. Oor wonde in jou siel. Asseblief, vergewe my. Het ek ‘n wond genees? ‘n Rots uit jou pad gerol? Dit was ‘n plesier gewees. maar het dit jou siel gevul? Soms dien ons die wonde toe. Soms maak ons dit erger. Soms sit ons verbande op. Soms is ons die heler. Wonde kan verbind word. Met ‘n “jammer” of “vergewe my”. Doen dit gou nou, voor hul weg is. Want anders sal jy daaronder ly. 🔥 Wat om te weet: – Oorspronklike Afrikaanse lirieke – Geskryf as ’n persoonlike gedig – AI-gegenereerde musiek en vokale – Unieke kombinasie van poësie en musiek 📚 Oor My: Ek is Pistons, skepper van oorspronklike Afrikaanse gedigte en AI-geïnspireerde musiek. Elke lied kom direk uit my eie stories, ervarings en poësie. 📢 Ondersteun die kanaal: As jy van hierdie lied hou, LIKE 👍, KOMMENTAAR 💬 en SUBSCRIBE 🔔 vir meer Afrikaanse AI-musiek en oorspronklike gedigte wat omskep word in liedjies. Kyk die Afrikaanse AI Playlist hier: https://www.youtube.com/watch?v=LDQgNTtQvas&list=PLNKBi8cwEmnvmg79HGZh_Z65CBJtdvCuG&index=1 #️⃣ Tags / Soekterme: #AfrikaanseMusiek #AIMusic #AfrikaansPoetry #aimusic #lyricvideo #poetry #originallyrics #pistonssa #AfrikaansAI
Download
0 formatsNo download links available.