Deur aan u kleuter die geleentheid te gee om hier skool toe te gaan, word ʼn vroeë band met die toekomstige “groot” skool ontwikkel. Hierdie kinders betree hul Graad 1-jaar met baie meer selfvertroue en sonder vrees. Die Graad R klasse dien terselfdertyd as brugklasse vir Graad 1. Al die klasse volg ʼn goedgekeurde dagprogram. Vir u as ouer bly dit ʼn groot gerief om u skoolgaande kinders asook kleuterkinders op een perseel versorg te kan hê. Sonskynland (Horison Preprimêr) is die mees unieke skool met ʼn magdom van noodsaaklike ontwikkelingsaktiwiteite.