William Wolf - Liefde Gemaak
Hiermee die eerste enkelsnit vanaf William Wolfgang Loots, beter bekend as William Wolf, se album genaamd "Liefde Gemaak". Die wêreld het meer liefde nodig, enige vorm daarvan - onvoorwaardelik, sonder enige terme en voorwaardes. 'n Liefde vir dit waarmee ons onsself besig hou elke dag, ons passies, ideale en drome skep alles liefde en hoop. Baie dankie aan Jaco van Bosch van Looped Pictures wat die video gemaak het en ook baie dankie aan die twee hoofkarakters, Hendre en Kaylee. "Liefde Gemaak" kondig ook die nuwe #droomdagkompetisie aan. Kompetisie reëls sal op die William Wolf webtuiste beskikbaar wees www.williamwolf.co.za L I E F D E G E M A A K VERS 1 Een sagte glimlag toe ek jou oë sien Twee hande wat perongeluk raak Drie sou een te veel wees aan hierdie tafel Vier is nie 'n nommer nie, dis wat jy binne my maak VOORKOOR As al hierdie dinge liefde raak het ek en jy nounet daarvan gemaak KOOR Ek het nog nooit in my lewe so gevoel Ek het nog nooit, nooit gedink dit was bedoel As alles verdwyn, niks maak meer saak en al hierdie dinge liefde raak Het ek en jy nounet liefde gemaak VERS 2 Alleen is wat ek voel as jy nie hier is Twee mense wat nie anders kan as om te gee Driehonderd-vyf-en-sestig agter jou rus Vier is nie 'n nommer nie, dis wat ek vir jou wil gee BRUG Een sagte glimlag toe ek jou oë sien Twee hande wat perongeluk raak *NOU BESKIKBAAR OP ALLE DIGITALE PLATFORMS*
Download
0 formatsNo download links available.